Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Tiger weer op die been ná ongeluk

Tiger Woods het ’n foto van homself op ’n gholfbaan op sosiale media, waar hy glimlag, geplaas – die eerste sedert sy ernstige motorongeluk in Februarie.

Die 15-malige kampioen het ná die ongeluk ’n operasie vir beserings aan sy regterbeen ondergaan en ook vir beserings aan sy voet en sy enkel. Woods het ’n breë glimlag op sy gesig gehad op die gholfbaan, met sy hond langs hom.

“My baan kom beter aan as ek,” het Woods op Instagram geskryf.

“Maar dis lekker om ’n getroue rehabilitasiemaat te hê, die mens se beste vriend.”

Woods (45) se motor het die pad teen tussen 135 en 140km/h verlaat en het ’n paar keer gerol tydens die ongeluk in Kalifornië, en is volgens die Los Angeles-polisie “gelukkig om te leef. Hy het sy sitplekgordel gedra.” – BBC Sport

Meer oor:  Tiger Woods  |  Sosiale Media  |  Foto  |  Motorongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.