Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Tiger Woods terug op die operasietafel
Tiger Woods se rug besorg hom eindelose probleme. Foto: Getty Images

Tiger Woods se seisoen is op ys nadat hy die vyfde rugoperasie in sy loopbaan ondergaan het.

Die Amerikaanse gholflegende het Dinsdag op sosiale media bekendgemaak dat hy weens die prosedure nie aan vandeesmaand se Farmers Insurance-ope by Torrey Pines of Februarie se Genesis Invitational-toernooi by Riviera sal deelneem nie.

Die operasie was volgens sy dokters ’n sukses en die wenner van 15 major-titels sal na verwagting ten volle herstel.

“Ek sien daarna uit om weer te begin oefen en ek is gefokus daarop om my terugkeer na mededingende gholf te maak,” sê die 45-jarige Woods.

Woods, wenner van 82 PGA-titels, sê hy het rugpyn ervaar in Desember se PNC-kampioenskap.

Hoewel hy nie by Torrey Pines of Riviera sal meeding nie, vervul Woods steeds sy rol as toernooigasheer vir die Genesis Invitational-byeenkoms in die suide van Kalifornië.

– Reuters

Meer oor:  Tiger Woods  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.