Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Toeskouers welkom by VSA-opes

Die Amerikaanse Gholfvereniging (USGA) het bevestig ’n beperkte getal toeskouers sal by die Amerikaanse Ope vir mans en vroue toegelaat word wat in Junie in Kalifornië plaasvind.

Bryson DeChambeau van die VSA is die verdedigende Amerikaanse Ope-kampioen. Foto: Getty Images

Volgens die USGA-beampte John Bodenhamer sal kaartjies vir die vrouetoernooi by die Olympic-klub in San Francisco van 3 tot 6 Junie en vir die manstoernooi van 17 tot 20 Junie by Torrey Pines buite San Diego beskikbaar wees.

“Ons het verlede jaar die toeskouers se energie by ons Amerikaanse Ope-kampioenskap gemis,” sê Bodenhamer in verklaring.

“Ons is dankbaar dat ons plaaslike gesondheids- en veiligheidsbeamptes in Kalifornië in staat is om ’n beperkte getal toeskouers na ons roemryke kampioenskap terug te verwelkom.”

Die USGA het nie bekend gemaak hoeveel toeskouers by elk van die toernooie toegelaat sal word nie. Daar word egter van diegene wat die byeenkomste bywoon, verwag om aan Covid-19-protokol te voldoen, insluitende die dra van maskers vir toeskouers, personeel en vrywilligers, asook om streng sosiale afstande te handhaaf.

Inwoners van Kalifornië sal bewys moet lewer van ’n negatiewe toets of dat hulle ingeënt is om toegang tot die baan te verkry. Toeskouers van elders sal ’n bewys van inenting moet lewer van minstens 14 dae voor elk van die toernooie.

Die Amerikaanse Meesterstoernooi, die eerste major van die jaar, het vroeër vandeesmaand plaasgevind met Hideki Matsuyama van Japan wat as wenner uit die stryd getree het.

Die Amerikaanse PGA-kampioenskap vind van 20 tot 23 Mei plaas en die Britse Ope word van 15 tot 18 Julie beslis.

Die Olimpiese Spele, waar gholf ook op die spyskaart is, begin op 23 Julie. SuperSport

Meer oor:  Usga  |  Gholf  |  Amerikaanse Gholfvereniging  |  Amerikaanse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.