Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Trump se Skotse baan ly nog verliese

’n Gholfbaan wat deur president Donald Trump van die VSA in Skotland gebou is, het in 2019 vir die sewende jaar agtereenvolgens ’n verlies gely.

Donald Trump se liefde vir gholf is alombekend. Foto: Getty Images

Trump International Golf Club Scotland Bpk (TIGCS), wat die Trump International-baan in Skotland, sy klubhuis en ’n klein hotel besit en bestuur, sê al het die landgoed se inkomste met 18% toegeneem, het verliese met 3% tot £1,1 miljoen (R21,9 miljoen) gestyg.

Volgens die TIGCS is die baangeld en versoeke om lidmaatskap aan die toeneem en het die baan sy geriewe vir byeenkomste aangepas om aan die nuwe aanvraag te voldoen. Maar salarisse en ander uitgawes het ook meer geword.

Die baan, noord van Aberdeen, het sedert dit in 2012 oopgemaak het, nog nie ’n wins getoon nie.

Volgens die maatskappy is 2020 se vertoning erg beïnvloed deur die Covid-19-pandemie, wat die baan genoop het om vir ’n deel van die jaar te sluit en die getal gaste te beperk weens aandklokreëls en maatreëls rakende sosiale afstand.

Dit het nie syfers vir 2020 bekend gemaak nie.

Die TIGCS sê “noemenswaardige vordering” word gemaak met planne om ’n behuisingsprojek met 550 wooneenhede langs die baan by Balmedie te bou.

Dié projek beteken Trump, wat die baan in ’n herroepbare trust geplaas het toe hy sy termyn as president begin het, kan meer as $150 miljoen wins maak indien hy die eenhede teen die geadverteerde pryse verkoop.

Reuters se analise in Oktober het egter getoon dat die planne, soos die geval met beplande ontwikkelings by ander Trump-bane, deur verskeie uitdagings in die wiele gery kan word.

Ten spyte van die swakker vertonings in 2019 en 2020 bly die TIGCS optimisties oor die toekoms van die baan.

“Die Trump International-baan gaan voort om op gholf se wêreldranglys te vorder en speel ’n belangrike rol in die Trump-portefeulje wêreldwyd,” sê die maatskappy.

– Reuters

Meer oor:  Aberdeen  |  Donald Trump  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.