Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Trump soek ‘groot skares’ by die Meesters
U.S. President Donald Trump walks on the South Law
Donald Trump sê Amerikaners verlang na sport. Foto: Getty Images

Donald Trump, president van die VSA, was Sondag vol lof vir gholf se terugkeer in ’n regstreekse uitsending van ’n welwillendheidswedstryd tussen topspelers in die PGA-reeks.

Noord-Ierland se Rory McIlroy, die wêreld se voorste speler, het saam met die Amerikaners Dustin Johnson, Rickie Fowler en Matthew Wolff deelgeneem aan die TaylorMade Driving Relief-byeenkoms ten bate van die stryd teen die Covid-19-pandemie.

McIlroy en Johnson het geseëvier terwyl Trump toegekyk het.

“Dit is wonderlik om te aanskou. Ek raak bietjie moeg om na toernooie van tien jaar gelede te kyk waar jy weet wie gewen het,” het Trump gesê by die eerste lewende gholfbyeenkoms in die VSA sedert die meeste sport in Maart weens die virus opgeskort is.

Die spelers by die Seminole-gholfklub in Juno Beach, Florida, het sosiale afstand toegepas deur ses voet (1,8 meter) van mekaar af te staan en hul eie sakke gedra in die afwesigheid van joggies. Geen toeskouers is toegelaat nie.

Trump is ’n gretige gholfspeler en het al saam met Tiger Woods, Jack Nicklaus en McIlroy gespeel. McIlroy, wenner van vier major-titels, het Trump verlede week gekritiseer vir die manier waarop hy die Covid-19-pandemie hanteer.

Trump het gesê hy wil “groot skares hê by die Meesters” in November.

“Ons soek sport terug, ons mis sport, ons benodig sport vir ons psige, die psige van ons land en dit is waarheen ons op pad is,” sê Trump.

“Ons wil regtig sien dat dinge terugkeer na normaal, ons wil nie hê dat toeskouers maskers dra nie, want dit is nie normaal nie.”

– Reuters

Meer oor:  Koronavirus  |  Donald Trump  |  Gholf  |  Rory Mcilroy  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.