Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Rafa 6de in beroeps-gholftoernooi
Rafael Nadal, die gholfspeler. Foto: Getty Images

Die tennisster Rafael Nadal, tweede op die wêreldranglys, het allesbehalwe op sy louere gaan rus nadat hy vandeesmaand Roger Federer se rekord van 20 Grand Slam-titels in die Franse Ope geëwenaar het.

Volgens rafaelnadalfans.com het dié 34-jarige Spanjaard, gebore op die eiland Majorka, sy tennisraket vir gholfstokke geruil en minder as twee weke ná sy sege by Roland Garros aan die Balearic-kampioenskap deelgeneem.

Dit blyk Nadal is ewe tuis op die skoonveld en setperk as op die klei-, gras- en hardebane van die tenniswêreld.

Hy het teen 59 gholfspelers, van wie die meeste beroepspelers, meegeding en die toernooi gesamentlik in die sesde plek afgesluit. Nadal het 77 houe in sy laaste ronde aangeteken om die byeenkoms nege oor baansyfer te voltooi.

Hy het tien houe agter die wenner, Sebastian Garcia (een onder baansyfer), klaargemaak.

Nadal se voorgee is glo + 0.3 en hy het al voorheen aan die Balearic-kampioenskap deelgeneem.

Hy is ook ’n talentvolle sokkerspeler en het as kind glo sokker bo tennis verkies. Hy het weens sy fris liggaamsbou saam met die ouer kinders gespeel, maar later verkies om eerder op tennis te konsentreer.

Nadal het op 11 Oktober sy 13de Franse Ope-titel verower en daarmee die Switserse legende Federer se rekord van 20 major-krone geëwenaar.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tennis  |  Gholf  |  Rafael Nadal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.