Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Video laat Ernie se manne vlamvat
Louis Oosthuizen (links) en Abraham Ancer het Donderdag ’n puik oorwinning vir die Internasionale span in die Presidentebeker-toernooi behaal.Foto: Getty Images

Ernie Els se Internasionale gholfspan het danksy ’n motiveringsvideo vriend en vyand verras en die eerste dag van die Presidentebeker-toernooi teen Amerika met ’n voorsprong van 4-1 afgesluit.

As deel van die Internasionale span se voorbereiding vir die kompetisie op die Royal Melbourne-baan in Australië, het Els ’n video laat saamstel met boodskappe en wenke van lede van die 1998-span, die enigste een wat al in die 25-jarige bestaan van die toernooi met die VSA kon afreken.

Benewens Els, was groot name soos Greg Norman, Vijay Singh en Nick Price lid van Peter Thomson se Internasionale span 21 jaar gelede.

Hul wenke oor hoe om die VSA op die Royal Melbourne-baan te klop, was Donderdag, op die eerste dag van die vierdaagse toernooi, van enorme waarde.

Gemotiveer deur die video het die Mexikaan Abraham Ancer en Suid-Afrika se Louis Oosthuizen saamgespan om die VSA se kragtige span van Dustin Johnson en Gary Woodland met 4 en 3 in hul beterbal-stryd af te ransel.

Dit het my koue rillings gegee. Ek het dit voordat ek gaan slaap het, nog ’n keer gekyk.
Abraham Ancer

“Dít het my aangevuur, man,” het Acer, die eerste Mexikaan om vir die Internasionale span te speel, gesê.

“Dit het my koue rillings gegee. Ek het dit voordat ek gaan slaap het, nog ’n keer gekyk.”

Oosthuizen, ’n gesoute Presidentebeker-speler, het voor dié week nog nooit op die Royal Melbourne-baan gespeel nie, maar was blitsig uit die blokke met drie voëltjies op die eerste vyf putjies.

“Dit was fantasties om ’n bietjie advies van die ouens van 1998 te kry en te hoor hoe hulle destyds hul week benader het en hoe dit gevoel het om die beker te wen. Ons het ’n paar van daai ouens in ons kleedkamer en die span is rêrig op ’n goeie plek,” het Oosthuizen gesê.

Ernie Els, kaptein van die Presidentebekerspan.

Els het op sy beurt sy tevredenheid met sy spelers se vertoning op die eerste dag uitgespreek, maar gesê hy hoop die “stillerige” toeskouers maak Vrydag ’n bietjie meer geraas.

Vir Els se Amerikaanse eweknie, Tiger Woods, was dit Donderdag ’n geval van déjà vu. Woods het in 1998, op dieselfde baan, sy debuut vir die VSA gemaak en was uiteindelik lid van die verloorspan.

Nou, 21 jaar later, het hy sy debuut as kaptein gemaak en het hy ondanks ’n puik individuele vertoning as speler andersins ’n nagmerrie-dag as leier van die span beleef. Gaan die geskiedenis hom herhaal? – Reuters

Meer oor:  Ernie Els  |  Louis Oosthuizen  |  Vsa  |  Australie  |  Video  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.