Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Virus steek stokkie voor 2 gholftoernooie
Die setperke van die Saujana-gholfklub in Kuala Lumpur, Maleisië, sal stil wees in die derde week van Maart, nadat die Europese en Asiese reekse besluit het om die Maybank-kampioenskap (wat daardie week daar sou plaasvind) uit te stel. Foto: Getty Images

Die Covid-19-virus (voorheen die koronavirus) het gelei tot die uitstel van nóg twee sportgebeure.

Die Europese gholfreeks het Vrydagmiddag aangekondig die Maybank-kampioenskap in Maleisië én die Chinese Ope sal nie meer in April plaasvind, soos oorspronklik beplan is nie.

Die Maybank-toernooi sou van 16 tot 19 April in Kuala Lumpur plaasgevind het en die Chinese Ope ’n week later in Shenzhen.

Die moontlikheid dat die toernooie later in die seisoen sal plaasvind, word nou bespreek.

“Die welstand van ons spelers, toeskouers en personeel is ons absolute prioriteit,” sê Keith Pelley, die uitvoerende hoof van die Europese reeks, in ’n verklaring.

“Dit is jammer dat ons die Maybank-kampioenskap en Chinese Ope moet uitstel, maar ons voel dit is die korrekte manier om dit te hanteer. Ons is in dié stadium besig om ondersoek in te stel na alternatiewe datums vir albei toernooie.” – Sportredaksie

Meer oor:  Chinese Ope  |  Koronavirus  |  Gholf  |  Covid-19-Virus  |  Maybank-Kampioenskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.