Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Vrouespeler met 58 houe gestraf!

’n Amerikaanse gholfspeler het 58 strafhoue in die LPGA-kampioenskap vir seniors ontvang nadat sy ’n reël oortree het elke keer wat haar joggie haar met haar sethoue bygestaan het.

Lee Ann Walker het die prys betaal omdat sy haar nie behoorlik van gholf se nuwe reëls vergewis het nie. Foto: Getty Images

Lee Ann Walker was Dinsdag reeds op die vyfde putjie van haar tweede ronde by die Pete Dye-baan in French Lick, Indiana, toe sy van haar flater bewus gemaak is.

’n Ander joggie in haar groep het haar ingelig van die reël, wat twee strafhoue vir elke oortreding beteken, maar die skade was reeds gedoen.

Reël 10.2b is verlede jaar aangebring en verhoed joggies om direk agter spelers op, onder meer, setperke te staan wanneer houe gespeel word.

Joggies is welkom om raad te gee, maar spelers moet alleen wees wanneer hulle ’n hou speel. Sodra ’n speler regmaak om ’n hou uit te voer, mag die joggie nie agter die speler staan nie.

Walker het 42 van haar 58 strafhoue vir haar eerste ronde ontvang, wat haar aanvanklike telling van 85 na 127 laat opskiet het. Die bykomende 16 strafhoue in haar tweede ronde voordat sy van die reël bewus gemaak is, het haar telling vir die tweede dag op 90 te staan gebring.

Sy was dus 73 houe oor die baansyfer in twee dae se spel, 39 houe meer as die volgende swakste telling.

“Wat kan jy doen? Dit is my skuld dat ek nie die reëls geken het nie,” sê Walker, wat deesdae as ’n huisagent werk nadat sy in 2008 laas in die LPGA-reeks gespeel het.

“Ek het niemand behalwe myself om te blameer nie. Les geleer.

“Hierdie is dalk my aanspraak op roem. Nie heeltemal hoe ek sou gehoop het om dit te doen nie.”

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Lpga  |  Lee Ann Walker  |  Gholf  |  Europese Reeks  |  Pga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.