Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Walters byt vas ondanks dood van albei ouers

Suid-Afrika se Brandon Stone en Justin Walters se brandende begeerte om Sondag die Portugese Meester-gholftoernooi by die Dom Pedfro Victoria-klub in Vilamoure te wen, het soos mis voor die son verdwyn toe die Engelsman Steven Brown dit voor hul neuse weggeruk het.

’n Emosionele Justin Walters stap van die baan af nadat hy hy tweede geëindig het in die Portugese Meesters-gholftoernooi. Walters het onlangs albei sy ouers aan die dood afgestaan.Foto: Getty Images

Brown, wat in die laaste ronde drie houe agter Stone afgeslaan het, het op 267 houe, 17 minder as die baansyfer, geëindig nadat hy die laaste ronde in 66 (-5) voltooi het.

Dit was sy eerste oorwinning in die Europese reeks

Het het een hou voor Stone en Walters (albei op 268) geëindig, wat onderskeidelik 70 en 66 houe in die vierde ronde aangeteken het.

Adrien Saddier van Frankryk (269) was alleen vierde.

Suid-Afrika se George Coetzee, Dean Burmester en Louis de Jager (al drie 273) het in die gesamentlike 14de plek geëindig.

Stone kan homself skop, want hy het die eerste nege putjies in 33 houe voltooi en het aan sy oornagvoorsprong van twee houe geklou.

Maar het hy op die 13de en 16de putjies houe aan baansyfer afgestaan wat sy voorsprong tot niet gemaak het.

Breek ’n lansie vir Walters, wie se ma ’n paar weke gelede oorlede is nadat sy pa ook redelik onlangs gesterf het.

Walters, wat ook in 2013 tweede geëindig het, sal sy toerkaart behou nadat hy in die 121ste plek (net die top 115 spelers behou hul spelersregte) op die ranglys was voordat die toernooi begin het.

Walters, wat sewe voëltjies in die laaste ronde op sy telkaart ingevul het, was op koers na ’n oorwinning, maar hy het op die 16de en 18de putjies houe aan syfer afgestaan om sy drome te kelder.

Brown, wat Sondag drie houe agter Stone afgeslaan het, het 3 voëltjies in sy rondte behaal, asook ’n arend op die 12de behaal vir ’n 66.

Hy was voor die toernooi 150ste op die Race to Dubai-ranglys en moes tussen die voorlopers eindig om sy spelerskaart te behou.

Hy was baie bestendig en het ondermeer ’n voëltjie op die 11de en ’n arend op die 12de putjie behaal het om sy eerste oorwinning in die reeks te beklink. – europeantour.com

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.