Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Wiesberger hoop vir glorie by Sonstad
Die Oostenryker Bernd Wiesberger sal vanjaar by Sun City speel.Foto: Getty Images

Die voorloper op die Europese reeks se Race to Dubai-puntelys, Bernd Wiesberger, het bevestig hy wil Sun City aanstaande maand as springmat gebruik om hom na die Europese geldtitel te help voer.

Wiesberger, van Oostenryk, is een van drie Europeërs wie se deelname aan die Nedbank-uitdaagtoernooi by Sun City Donderdag bevestig is. Ook die Engelsmanne Matthew Fitzpatrick en Ian Poulter sal op ’n vliegtuig spring om die Gary Player-buiteklub van 14 tot 17 November aan te durf.

Die 34-jarige Wiesberger het vanjaar reeds drie keer in die Europese reeks gewen en ná sy triomf vroeër vandeesmaand in die Italiaanse Ope die eerste keer die voorste posisie op die Europese geldlys ingeneem.

Die 34-jarige Wiesberger het vanjaar reeds drie keer in die Europese reeks gewen en ná sy triomf vroeër vandeesmaand in die Italiaanse Ope.

Hy is egter net 300 punte voor die Spanjaard Jon Rahm en ’n aks meer as 700 punte voor die Britse Ope-kampioen, Shane Lowry. Elke toernooi van nou tot die einde van November sal dus vir hom goud werd wees.

Dis nog onseker of Rahm en Lowry by Sun City sal wees. Met die Nedbank-uitdaagtoernooi die voorlaaste toernooi van die huidige Europese seisoen, kan hulle wel in ’n posisie wees waar hulle na die Pilanesberg-omgewing móét reis om hul drome van Europese geldglorie lewend te hou.

“Ná ’n wonderlike somer sien ek daarna uit om die seisoen sterk af te sluit en my posisie boaan die Race to Dubai-lys te behou,” het Wiesberger in ’n verklaring gesê. “Daar is steeds hope om voor te speel in die laaste weke van die seisoen – veral met die toename in die punte wat op die spel is – maar ek kon nie in ’n beter posisie wees as wat ek tans is nie.”

Die jong Matthew Fitzpatrick sal homself ook weer by die Sonstad toets. Foto: Getty Images

Sonder twyfel is die geldtitel ook die geelwortel wat die 25-jarige Fitzpatrick na Sun City gelok het. Die jong Engelsman beklee tans die vierde plek op die Race to Dubai-lys, danksy vier tweede plekke in ’n seisoen waarin hy ongelukkig was om nie te wen nie.

“Ek is regtig tevrede met hoe ek hierdie seisoen gespeel het. Al wat kort, is ’n oorwinning,” het Fitzpatrick gesê. “Ek is goed geplaas op die ranglys en sal hopelik ’n goeie einde aan die seisoen hê.”

Poulter is tans 16de op die Race to Dubai-punteleer. Hy het tot dusver vanjaar toptien-uitslae in vyf toernooie behaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.