Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Wolff speel hoofrol in dié gholfsprokie

Matthew Wolff het danksy ’n arend op die laaste putjie van die 3M Ope in Blaine, Minnesota, Sondag die jongste speler geword om ’n gholftoernooi in die Amerikaanse PGA-reeks te wen sedert Jordan Spieth in 2013.

Matthew Wolff kan ná slegs vier toernooie in die prestigeryke Amerikaanse PGA-reeks daarmee spog dat hy al ’n titel verower het. Foto: AP

Dié 20-jarige Kaliforniër het ’n sethou van bykans 8 m ingerol om ’n enkele hou voor Bryson DeChambeau en Collin Morikawa te eindig.

Hy het ’n laasteronde-telling van 65 aangeteken vir ’n toernooitotaal van 263 (21 houe beter as die baansyfer).

Dít was slegs die vierde PGA-toernooi waarin Wolff al gespeel het.

“Ek het gebewe,” het Wolff gesê toe hy gevra is wat sy emosies was voor daardie deurslaggewende sethou.

“ ’n Klomp van my sethoue het deur die dag net-net nie ingerol nie en ek het vir myself gesê een of ander tyd moet een in die blikkie beland. Toe ek met daardie sethou slaag, het die trane begin vloei. Dit was ’n spesiale gevoel.

Danksy dié sege is Wolff tot aan die einde van 2021 van sy spelersregte in die PGA verseker en kry hy ook toegang tot vanjaar se Spelerstoernooi, asook die Amerikaanse Meesters en Amerikaanse PGA-kampioenskap volgende jaar.

Spieth was 19 jaar, 11 maande en 17 dae oud toe hy die John Deere Classic in 2013 gewen het. – Reuters

Meer oor:  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.