Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Wood en Rose maak opgang by Britse Ope

Twee Engelsmanne – Chris Wood en Justin Rose – is onder die voorlopers in die Britse Ope op Carnoustie.

Vat so, Carnoustie! Justin Rose van Engeland het hom vroeg in die derde ronde van die Britse Ope onder die voorlopers gevestig met ’n voortreflike 64 (-7). Foto: Getty Images

Die 37-jarige Rose was Vrydagmiddag in die tweede ronde in ’n verbete stryd om die afsnypunt te oorleef, maar was in die derde ronde briljant op dreef.

Sy 64, sewe houe beter as die baansyfer, was foutloos en hy het net 30 houe nodig gehad om sy laaste nege putjies af te handel.

Hy is daarmee in dié stadium saam met ’n groot groep spelers, wat Suid-Afrika se Zander Lombard en Erik van Rooyen insluit, op vier houe onder baansyfer in die gesamentlike sesde plek.

Rose het, met die voorlopers wat eers later hul derde ronde begin, reeds 59 plekke op die telbord geklim.

Wood is ewe warm en het op sy eerste 13 putjies nie minder nie as sewe voëltjies ingeryg.

’n Brouhou op die syfer-5 14de, wat waarskynlik dié Skotse uitleg se maklikste putjie is, het sy stormloop effe bederf.

Lombard en Van Rooyen slaan onderskeidelik om 16:20 en 16:30 af.

Die voorlopers, Zach Johnson en Kevin Kisner, wat albei op ses houe beter as die baansyfer vir die toernooi staan, begin hulle voorlaaste ronde om 17:00.

Meer oor:  Gholf  |  Britse Ope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.