Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Woods laat Nicklaus se ‘broek bewe’

Jack Nicklaus se “broek bewe” noudat Tiger Woods sy lang droogte in major-gholftoernooie beëindig het.

Jack Nicklaus verlede week op die Meesterstoernooi. Foto: Getty Images

Woods het Sondag met sy oorwinning in die Amerikaanse Meesterstoernooi sy 15de titel in een van die vier grotes verower en lyk weer op koers om Nicklaus se rekord van 18 major-titels te oortref.

Nicklaus was volgens newshub.co.nz op ’n visvang-ekspedisie in die Bahamas toe Woods sy laaste ronde op Augusta afgeslaan het. Hy het egter die laaste nege of wat putjies dopgehou en ná wat hy gesien het, is hy nou bekommerd dat sy rekord, wat die laaste klompie jare veilig gelyk het, in die slag kan bly.

“Hy’t soos ’n besetene gespeel, maar hy het alles totaal en al onder beheer gehad,” het Nicklaus aan Live From the Masters gesê.

Volgens die Goue Beer was die keerpunt Sondag toe Francesco Molinari sy bal in die water geslaan het op die 12de putjie en Woods die setperk gehaal het. “Ek het toe gesê die toernooi is verby.

“Ek het lank geglo Tiger sou weer wen (sy vorige major-oorwinning was in 2008) en jy weet, die volgende twee major-toernooie is op Bethpage en Pebble Beach, waar hy al vantevore majors gewen het. Dit laat my broek bewe,” het Nicklaus gesê.

Die gholfkalender is vanjaar geskommel, met die Amerikaanse PGA-kampioenskap wat volgende aan die beurt sal kom. Dit word van 16 tot 19 Mei op Bethpage in die deelstaat New York beslis. Woods het in 2002 die Amerikaanse Ope op daardie baan gewen.

Die Amerikaanse Ope word daarna van 13 tot 16 Junie op Pebble Beach in Kalifornië gespeel. Woods was in 2000 die wenner toe die Amerikaanse Ope daar aangebied is.

– Sportredaksie

Meer oor:  Tiger Woods  |  Jack Nicklaus  |  Meesters  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.