Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Woods, McIlroy maak PGA-geskiedenis
Tiger Woods se spel met sy setstok was Donderdag uit die boonste rakke. Foto: Getty Images

Tiger Woods en Rory McIlroy het Donderdag geskiedenis gemaak deur die gesamentlike voortou op die BMW-kampioenskap in Pennsilvanië in die VSA te neem.

Die Amerikaner en Noord-Ier was nog nooit saam eerste op die telbord in die PGA-reeks nie totdat hulle albei tellings van 62, agt onder baansyfer, op die Aronimink-gholfbaan aangeteken het.

Hulle is een hou voor Xander Schauffele van die VSA.

Dit is Woods se laagste eersterondetelling in 20 jaar met sy ou Scotty Cameron-setstok waarmee hy meer as ’n dekade gelede 13 van sy 14 major-titels gewen het, wat die meeste van die praatwerk gedoen het.

“Ek het dit afgestof en gedurende die somer in die agtertuin by die huis daarmee rondgespeel. Dit het net nie voorheen reg gevoel nie, maar dit voel nou goed,” sê Woods.

McIlroy het gedreig om die kollig by Woods te steel. Die Noord-Ier het Donderdag tien voëltjies aangeteken, ses van hulle agtereenvolgens, en was op koers om sy ronde in 59 houe te voltooi. Maar agtereenvolgende brouhoue op die 16de en 17de putjie het sprake daarvan in die wiele gery.

Rory McIlroy deel die voortou met Woods. Foto: Getty Images

McIlroy het sy goeie vertoning aan sy verbetering met sy kortysters toegeskryf.

“Dit is iets waarmee ek die hele jaar al sukkel en dit het die laaste paar weke baie verbeter,” sê hy.

“Alles het vandag op alle silinders gevuur. Ek kon waarskynlik selfs beter gevaar het, maar dit is steeds ’n goeie ronde.”

– Reuters

Meer oor:  Tiger Woods  |  Gholf  |  Pga  |  Rory Mcilroy
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.