Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Yanks smee planne op vliegtuig

Tiger Woods het Saterdag in ’n teleurstellende vierde plek ná Henrik Stenson in die Hero World Challenge in die Bahamas geëindig, maar sou nie te veel daaroor tob nie.

Tiger Woods mis Saterdag sy sethou op die 13de putjie in die laaste ronde van die Hero World Challenge in Nassau in die Bahamas. Foto: AP

Hy sou sy aandag dadelik verskuif na sy rol as Amerika se spelende kaptein in vandeesweek se Presidentebeker-toernooi teen die Internasionale Span.

Woods, die gasheer in die Bahamas, was met vyf putjies oor nog ’n gesamentlike voorloper, maar het op die 14de ná drie swak houe een hou meer as baansyfer aangeteken. Hy was daarna uit die wedloop.

Hy het eindelik 69 (drie minder as syfer) aangeteken en vier houe agter die Sweed Stenson geëindig.

“Ek het my kanse gehad. Ek het nie baie sethoue laat val of baie voëltjies aangeteken nie,” sê Woods.

Woods sal op die lang vlug na Australië baie tyd hê om te peins oor wat verkeerd geloop het.

Sy spanmaats sal saam met hom op die vlug wees en hulle sal baie tyd hê om planne te smee.

Ek het my kanse gehad. Ek het nie baie sethoue laat val of baie voëltjies aangeteken nie.
Tiger Woods

“Ons gaan vir 23 uur opgesluit wees. Ons wil die vlug geniet, bietjie gesels, ’n paar vergaderings hê en dan sal almal weet wat hul rolle gaan wees,” het hy gesê.

’n Baie warm dag word vir Maandag in Melbourne voorspel voordat die temperatuur later in die week sal afkoel.

“Tipies Melbourne,” het Woods gesê van ’n stad wat dikwels vier seisoene in ’n dag beleef.

Die Amerikaner sal in sy negende Presidentebeker-toernooi aantree. Sy spanmaats is Patrick Cantlay, Bryson DeChambeau, Tony Finau, Rickie Fowler, Dustin Johnson, Matt Kuchar, Patrick Reed, Xander Schauffele, Webb Simpson, Justin Thomas en Gary Woodland.

Die toernooi begin Donderdag by die Royal Melbourne-klub. – Reuters

Meer oor:  Tiger Woods  |  Henrik Stenson  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.