Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Zalatoris klop Higgo om PGA-prys

Die Stellenbosser Garrick Higgo se hand is deur Will Zalatoris in die as geslaan toe dié Amerikaner Maandag as die PGA-reeks se Nuweling van die Jaar aangewys is.

Zalatoris en Higgo was in ’n tweestryd om dié gesogte titel gewikkel nadat albei se debuutseisoen groot hoogtepunte opgelewer het. Higgo het sy eerste sege in die reeks behaal in net sy tweede verskyning op die toer, terwyl Zalatoris agt toptien-uitslae, waaronder ’n tweede plek in die Amerikaanse Meesterstoernooi, behaal het.

Die Amerikaner Will Zalatoris is Maandag as die PGA-reeks se Nuweling van die Jaar aangewys. Foto: Reuters

Die Kaliforniër se bestendigheid het uiteindelik swaarder geweeg by sy medespelers, wat moes stem vir hul gunsteling.

Nie Zalatoris of Higgo het aan die begin van die seisoen lidmaatskap in die PGA-reeks gehad nie, maar Higgo het volle spelersregte verwerf toe hy in Junie die Palmetto-kampioenskap gewen het.

Zalatoris, daarenteen, het spesiale tydelike lidmaatskap. Hy het Maandag die eerste speler met dié status geword wat as Nuweling van die Jaar gekroon is sedert Charles Howell III in 2001.

“Hierdie eerbewys was twee jaar gelede nie eens op my radar nie,” het die 25-jarige aan Reuters gesê by die Silverado-oord in sy tuisstaat.

“Toe ons vir vier maande rondgesit het weens die Covid-19-pandemie het ek nie eens gedink ek sal in die PGA-reeks speel nie. Ek is vanselfsprekend in die wolke daaroor dat ek dit vermag het.”

Zalatoris se opmars na die Nuweling-kroon het verlede September begin toe hy danksy veranderinge aan die kriteria vir die Amerikaanse Ope gekwalifiseer het.

’n Sesde plek in die ope het hom van ’n speelkans in die Amerikaanse Meesterstoernooi verseker en ná ’n uitstekende week het die wêreld voor hom oopgegaan.

Zalatoris was die enigste speler wat al vier rondes by Augusta onder baansyfer voltooi het en het net ’n hou agter die kampioen, Hideki Matsuyama, geëindig. Hy het daarna in al drie die jaar se laaste majors, drie WGC-toernooie en die Spelerskampioenskap gespeel. Hy beklee tans die 31ste plek op die wêreldranglys.

Meer oor:  Will Zalatoris  |  Garrick Higgo  |  Pga-Reeks  |  Gholf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.