Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gholf
Zama-zamas verniel gholfbaan

Asof dit nie al erg genoeg is om ’n gholfbaan tydens die inperking – sonder enige inkomste – aan die gang te probeer hou nie, ondervind die Royal Oak-gholfklub in Brakpan ook nog erge probleme uit ’n ander oord.

Een van die gate wat onwettige mynwerkers op ’n skoonveld van die Royal Oak-gholfbaan in Brakpan gegrawe het. Foto: Verskaf

Kenneth Dube, ’n beroepspeler wat die direkteur van gholf en ook die gholfbestuurder van dié klub is, vertel van die nagmerrie wat ook ervaar word met die onwettige mynwerkers (zama-zamas).

“Net nou die aand was ongeveer 100 van hulle op die gholfbaan doenig. Die inperking is beslis nie van toepassing op hulle en hul bedrywighede op ons gholfbaan nie,” sê hy.

Dube het reeds iemand aangestel om snags ’n ogie oor die gholfbaan te hou en om die onwettiges te probeer verdryf.

Kenneth Dube, beroepspeler en direkteur van gholf op die Royal Oak-gholfklub in Brakpan. Foto: Gallo Images

“Hy het my uitasem gebel in die nag en gesê daar is maklik 100 van hierdie zama-zamas besig om dele van die baan (skoonvelde en naby van die bowwe) om te dolwe op soek na wat ek glo steenkool moet wees.

“Ek het die polisie gebel, maar die antwoord wat ek van hulle gekry het, was dat hulle nie hul lewens wil waag om daardie tyd van die nag in die bos na die oortreders te soek nie,” sê Dube.

Enkele putjies van die Royal Oak-gholfbaan is langs die Plastic City-plakkerskamp geleë en volgens Dube kom die zama-zamas van daar af.

“Ons is al moedeloos om hulle in toom te probeer hou. Dit rig kwaai skade aan ons skoonvelde en ook ander dele van die baan aan. Ek het al met gemeenskapslede van die plakkerskamp gesels om van die onwettige mynwerkers te oortuig om nie hul werksaamhede op die gholfbaan voort te sit nie,” sê hy.

Dube het ook sy stem gevoeg by diegene wat glad nie tevrede is met hoe die minister van sport, Nathi Mthethwa, die situasie oor die heropening van gholf gehanteer het nie.

“Daar is genoeg sosiale distansiëring wat op ’n gholfbaan toegepas word. Wat my betref, moet gholf veel eerder voor ’n sport soos rugby weer aan die gang kom,” sê hy.

Zama-zamas saai verwoesting op die Royal Oak-gholfklub se baan wat weens die koronavirus-inperkings reeds finansieel by breekpunt is. Foto: Verskaf

“Tog lyk dit nie vir my of die minister en die regering so daaraan dink nie. Daar blyk ’n verwronge opvatting oor gholf by hierdie mense te wees. As iemand wat die belange van gholf op die hart dra, maak dit ’n mens siek om byvoorbeeld te sien hoe vertrap mense mekaar in die winkelsentrums, maar niemand word op ’n gholfbaan toegelaat nie. Dit maak net glad nie sin nie.

“Die gholfbane kan hulself mos nie versorg en laat oorleef nie. Daar word nou deur die minister gesê dat beroepspelers kan teruggaan, maar hulle kan mos nie op verlate gholfbane gaan speel nie.

Die situasie is baie sleg vir ons en dit vreet aan ’n mens se binneste om in so ’n magtelose posisie te wees.

“Ons het agt personeellede wat die baan in hierdie tyd in stand probeer hou. Ons moet tot drie keer per dag ons setperke met water natspuit om dit koel te hou. Gemiddeld verloor ons in die omgewing van R40 000 per maand. Dit sal nie so kan aangaan nie en as sake nie binnekort oopgestel word nie, sal talle klubs ondergaan.

Wanneer bane ook weer oopgestel word, sal ons baljoggies steeds swaar trek, want spelers gaan nie sommer van joggies gebruik maak nie.

“By ons is daar 35 joggies wat ernstig sukkel, maar gelukkig help GholfRSA hulle darem.

“Die situasie is baie sleg vir ons en dit vreet aan ’n mens se binneste om in so ’n magtelose posisie te wees,” sê Dube.

Meer oor:  Brakpan  |  Gholf  |  Kenneth Dube  |  Zama-Zamas  |  Inperking  |  Covid-19  |  Royal Oak-Gholfklub
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.