Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
100-jarige word erelid van krieketspan
Kapt. Tom Moore en sy dogter Hannah Ingram-Moore kyk Donderdag na ’n verblyvlug oor hul huis. Foto: Getty Images
Vlug-luit. Andy Preece van die Britse lugmag doen Donderdag in sy Spitfire ’n verbyvlug oor kapt. Tom Moore se huis. Foto: Getty Images

Die Britse Tweede Wêreldoorlog-veteraan kapt. Tom Moore het Donderdag op sy 100ste verjaardag erelidmaatskap van die Engelse krieketspan gekry.

Hy is ook ’n ere-kolonel van die Britse weermag gemaak.

Hy het op 15 April ’n verstommende £30 miljoen (meer as R680 miljoen) vir die Nasionale Gesondheidsdiens (NHS) en gesondheidswerkers ingesamel toe hy die lengte van sy tuin in Marston Moretaine, Bedfordshire, 100 keer gestap het.

Sy aanvanklike teiken was om £1 000 in te samel.

Kapt. Tom Moore, toe nog 99, stap op 15 April 100 lengtes in sy tuin. Foto: Reuters

Moore het die harte en bewondering van sy landgenote verower.

“Kaptein Tom, die nasie se hartklop . . . op jou verjaardag maak ons jou ’n amptelike lid van die Engelse krieketspan,” het die voormalige kaptein Michael Vaughan in ’n video-oproep aan die veteraan gesê.

Moore het die “seremonie” in sy amptelike baadjie met sy medaljes bygewoon. Sy kleinseun Benjie Ingram-Moore het ’n Engelse krieketpet aan hom oorhandig.

“Jy het so baie vir die land gedoen – jy het so baie geld vir die NHS ingesamel,” het Vaughan gesê.

Formule Een-spanne en -jaers het Moore ook gelukgewens. Hy is ’n groot ondersteuner van die McLaren-span.

Ook rofstoei se World Wrestling Entertainment (WWE) het ’n spesiale kampioenskapsgordel vir Moore ontwerp.

“As WWE-kampioen is dit vir my ’n eer om namens @WWE die 100ste verjaardag en buitengewone prestasie van @captaintommoore met ’n spesiale WWE-titel te vier. Baie geluk, Meneer, en dankie,” het die Britse stoeier Drew McIntyre op Twitter geskryf.

Met sportgeleenthede wat wêreldwyd opgeskort is, het Moore se prestasie hom ’n verrassende aanspraakmaker op die BBC se toekenning van die sportpersoonlikheid van die jaar gemaak.

Moore het onder meer persoonlike boodskappe van gelukwensing van koningin Elizabeth II en Boris Johnson, die Britse eerste minister, gekry.

Mense sê wat ek gedoen is, is uitsonderlik. Dit is egter wat julle vir mý gedoen het, wat uitsonderlik is.
Tom Moore

“Mense sê wat ek gedoen is, is uitsonderlik. Dit is egter wat julle vir mý gedoen het, wat uitsonderlik is.

“Onthou altyd, môre sal ’n goeie dag wees,” het Moore aan die BBC gesê. – Reuters

Meer oor:  Engeland  |  Geldinsameling  |  Krieket  |  Veteraan  |  Vereer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.