Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
136 kontrakte vir Global League-spelers

Altesaam 136 kontrakte is in die T20-Global League, Suid-Afrikaanse se nuwe hoëprofiel-blitskrieketreeks, beskikbaar.

Kolpak-spelers soos Kyle Abbott word as buitelandse spelers in die T20-Global League gekontrakteer. Foto: Gallo Images

Dit kom daarop neer dat elk van die agt franchises elk 17 spelers mag kontrakteer.

Belanghebbendes is steeds in vergaderings betrokke om die presiese samestelling van groepe uiteen te sit soos dit in die prospektus vir voornemende eienaars gaan verskyn.

Die spanne gaan na verneem word vier oorsese speler mag kontrakteer. Een van die vier buitelandse spelers in die spelersgroep sal egter een van die sogenaamde Kolpak-spelers wees.

Spanne in die Indiese Premierliga speel met vier buitelanders in hul elftalle, terwyl die Big Bash-spanne in Australië net twee het.

’n Protea-ikoonspeler (marquee player) sal aan elk van die agt Suid-Afrikaanse spanne in die Global League toegeken word. Voorts is daar ook sprake dat daar by elkeen ook een oorsese ikoon-speler ingedeel sal word.

Die franchises sal dan deur ’n loting vir spelers op 29 Julie aangevul word.

Spanne mag glo sewe van die spelers in hul groepe vir die eerste twee jaar kontrakteer.

Die spanne moet ook een groentjie – ’n o.23-speler – hê.

Heelwat teenstrydige gerugte word nog oor transformasie-voorskrifte gehoor. Dit gaan glo verskil van die voorskrifte waarmee spanne tans in plaaslike wedstryde speel, omdat die spanne privaateienaars het.

Krieket Suid-Afrika (KSA) het vroeër onthul die belangstelling was groot in die eerste fase in die soeke na franchise-eienaars en dat daar uit verskeie lande navrae gedoen is. Diegene wat wil voortgaan met die tenderproses, moet dit teen 15 April te kenne gee.

KSA sal volgende maand ’n kortlys van kandidate opstel en teen einde April onderhoude met hulle voer. Die name van diegene wat suksesvol was, sal op 19 Julie aangekondig word.

Die T20-Global League word van 4 November tot 16 Desember gehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.