Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Indiese boulers tops teen Aussies

Indië is deur na die halfeindronde van die o.19-Wêreldbeker-kriekettoernooi nadat hy Australië Dinsdag in Potchefstroom in ’n dramatiese kragmeting met 74 lopies geklop het.

Kartik Tyagi vier sy eerste paaltjie teen die Aussies. Foto: IKR

Australië, met ’n wenteiken van 234 voor hom, het in sy jaagtog sommer drie paaltjies in die eerste beurt verloor.

Jake Fraser-McGurk is met die eerste bal van die kolfbeurt uitgehardloop en die Aussies was op 5/3 ná vyf aflewerings in ’n diep moeras.

Toe begin ’n terugvegpoging wat so byna-byna ’n onwaarskynlike oorwinning aan die span besorg het –  totdat ’n Indiese driekuns water op die vlamme gegooi het.

Indië het 233/9 in sy 50 beurte aangeteken. Die aanvangskolwer Yashasvi Jaiswal het 62 hiervan gemoker, maar sy span was op 144/6 ná 38 beurte ook ietwat in die knyp. 

Atharva Akolekar (55*) en Ravi Bishnoi (30) het toe aansien aan die telling gegee.

Hierna het die Indiese aanvangsbouler Kartik Tyagi (4/24) die Aussies vroeg aan die steier gehad. 

Die aanvangskolwer Sam Fanning (75) het moedig vasgebyt terwyl die paaltjies om hom gekantel het. Net toe dit wou voorkom asof hy die skip op koers kry, het Akash Singh (3/30) egter met ’n driekuns die uitklophou geplant.

Die Wes-Indiese Eilande en Nieu-Seeland is Woensdag in Benoni in die tweede kwarteindstryd slaags. – Sportredaksie, espncricinfo.com

TELKAART

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.