Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Reeza se 3de 50-tal help Zim-reeks beklink
Reeza Hendricks het drie 50-talle in vier eendagwedstryde teen Zimbabwe se A-span aangeteken. Foto: Getty Images

Reeza Hendricks (89) het sy derde 50-tal in die reeks aangeteken in Suid-Afrika A se oorwinning met 116 lopies in die vierde en laaste eendagwedstryd teen Zimbabwe se naasbeste krieketspan.

Suid-Afrika A het die reeks Vrydag in Harare met 3-1 beklink nadat hy 281/6 aangeteken en die tuisspan tot 165 lopies beperk het.

Die aanvangskolwer Ryan Rickelton was danksy ’n bydrae van 40 lopies die voorste kolwer in die reeks. Hy het 224 lopies opgestapel.

Tony de Zorzi (55) het ’n agtereenvolgende 50-tal behaal, terwyl Theunis de Bruyn, wat op nommer ses gaan kolf het, onoorwonne op 40 was.

Die SA draaier Senuran Muthusamy het met boulsyfers van 4/36 geëindig, terwyl Sisanda Magala (2/19) en Dwaine Pretorius (2/23) elk twee paaltjies laat kantel het.

Milton Shumba (35 lopies) het Vrydag die beste met die kolf vir die tuisspan gevaar.

TELKAART

• Die SA spelers wat in die twee vierdagwedstryde gaan speel, vertrek Saterdag na die buurland. Die eerste wedstryd begin Maandag. – Sportredaksie

Meer oor:  Reeza Hendricks  |  Krieket  |  Eendagreeks  |  Sa A  |  Zimbabwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.