Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
5 van SA span wel negatief getoets
Bangladeshi policeman stand guard at a check post
'n Polisielid by 'n Covid-19-beheerpunt in Dhaka, Bangladesj. Vyf lede van die Suid-Afrikaanse opkomende vrouekrieketspan keer Dinsdagaand van dié stad af terug na Suid-Afrika nadat hul toer weens die koronavirus kortgeknip is. Foto: Getty Images

Vyf lede van die nasionale opkomende vrouekrieketspan wat aanvanklik positief vir Covid-19 getoets is, sal Dinsdagaand van Bangladesj na Suid-Afrika terugkeer.

Die Suid-Afrikaners se toer van vyf eendagwedstryde is Maandag weens ’n styging in die getal koronavirus-gevalle in Bangladesj kortgeknip.

Die spelers en spanbestuur is toe inderhaas na die lughawe geneem omdat die reisbeperkings op internasionale vlugte vanaf Woensdag vir ’n week in die land sal geld om die verspreiding van Covid-19 te keer.

Daar was Dinsdag egter omtrent ’n Babelse verwarring nadat die media berig het dat vyf lede van die toergroep van 22 in Dhaka gestrand en in isolasie is omdat hulle positief vir die virus getoets is.

Die 17 ander spanlede het Bangladesj reeds Maandag verlaat.

Krieket Suid-Afrika (KSA) het egter kort daarna in ’n verklaring gesê al vyf spelers is weer getoets en hul uitslae was toe negatief.

’n Woordvoerder van KSA het bevestig dat die vyf Dinsdagaand op ’n vliegtuig terug na Suid-Afrika sal wees.

Meer oor:  Vrouekrieket  |  Bangladesj  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.