Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
59 SA spelers registreer vir IPL

Meer as 1 000 krieketspelers het geregistreer vir die Indiese Premierliga (IPL) se spelersveiling.

Faf du Plessis sal in 2019 weer vir die Chennai Super Kings in aksie wees. Foto: Getty Images

Volgens die IPL se amptelike webtuiste het 1 003 spelers, wat 232 oorsese name insluit, hul beskikbaar gemaak vir 2019 se toernooi. Die meeste spelers is van Indië gevolg deur Suid-Afrika se 59 spelers.

Die spelersveiling vind op 18 Desember plaas.

Uit die 1 003 spelers wat spook om die 70 beskikbare plekke te vul, het 200 reeds in die IPL gespeel, 800 was nog nie in die toernooi in aksie nie en drie spelers verteenwoordig IKR-lidlande.

Van die 800 groentjies, is 747 Indiërs.

Franchises het tot Maandag 10 Desember om hul kortlys in te handig met die finale name vir die spelersveiling.

Faf du Plessis, kaptein van die Proteas, is vir volgende jaar deur die Chennai Super Kings behou, terwyl die Mumbai Indians die dienste van die paaltjiewagter-kolwer Quinton de Kock bekom het.

Die 12de weergawe van die IPL begin op 23 Maart.

Die 232 oorsese spelers: Afghanistan - 27; Australië - 35; Bangladesj - 10; Engeland - 14; Hongkong - 1; Ierland - 1; Nederland - 1; Nieu-Seeland - 17; Suid-Afrika - 59; Sri Lanka - 28; VSA - 1; Wes Indiese Eilande - 33; Zimbabwe - 5.

– Sportredaksie

Meer oor:  T20  |  Indiese Premierliga  |  Ipl  |  Spelersveiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.