Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
6 toets positief voor 3TC-wedstryd

Ses mense wat deur Krieket Suid-Afrika (KSA) vir die koronavirus getoets is voor Saterdag se Solidarity Cup-driespanwedstryd, se uitslae is positief.

Die driespan-wedstryd word Saterdag op SuperSport-park in Centurion beslis. Foto: Gallo Images

KSA het Dinsdagaand in ’n verklaring gesê sowat 50 spelers, afrigters, en stadion- en ondersteuningspersoneel oor die land heen is van 10 Julie tot 13 Julie getoets.

Volgens die verklaring is geen speler positief getoets nie en is kontakopsporing uitgevoer.

“Ons mediese span het en sal voortgaan om gereeld met hulle (die positiewe gevalle) in aanraking te wees om hul welstand te verseker.”

Krieket maak met die wedstryd in Centurion, wat volgens ’n nuwe formaat – driespan-krieket (3TC) – beslis sal word, sy terugkeer in Suid-Afrika te midde van die Covid-19-pandemie. Die wedstryd word deur drie spanne met agt spelers elk beslis.

Meer oor:  Driespan-Wedstryd  |  Solidarity Cup  |  Koronavirus  |  Koronavirustoets  |  Driespankrieket  |  Covid-19  |  3Tc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.