Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
6 WB-Proteas wil slag in CPL-T20 wys
Anrich Nortjé Foto: Gallo Images

Die Protea-snelbouler Anrich Nortjé is een van 48 Suid-Afrikaners wat hoop om gekies te word vir vanjaar se Karibiese Premierliga (CPL).

Nortjé moes hom met ’n gekraakte duim aan die Wêreldbeker-kriekettoernooi in Engeland onttrek.

Hy het onlangs die hoop uitgespreek om iewers voor die begin van die Suid-Afrikaanse seisoen speelkans in ’n T20-toernooi te kry.

’n Rekordgetal van 536 spelers van 21 lande het hulself beskikbaar gestel vir vanjaar se CPL-spelerstrekking, wat op 22 Mei in Londen gehou word. Die ses franchises sal voor die trekking die opsie hê om van hul bestaande spelers te behou.

Die sewende CPL word van 4 September tot 12 Oktober gehou.

Drie Suid-Afrikaners was in 2018 se eindstryd tussen die Guyana Amazon Warriors en Trinbago Knight Riders betrokke. Die aanvangskolwer Cameron Delport en draaier Imran Tahir het vir die Warriors gespeel, terwyl Colin Ingram in die wenspan was.

Ses van die Proteas wat Wêreldbeker-toernooi toe gaan – Tahir, Dale Steyn, JP Duminy, Rassie van der Dussen, Andile Phelukwayo en Tabraiz Shamsi – is onder die spelers wat beskikbaar is.

Die ander Suid-Afrikaners wat al vir die Proteas gespeel het en hul naam in die hoed gegooi het, is Reeza Hendricks, Rilee Rossouw, Heinrich Klaasen, Farhaan Behardien, Robbie Frylinck, Gihahn Cloete, Junior Dala, Marchant de Lange, Simon Harmer, Beuran Hendricks, Christiaan Jonker, Heino Kuhn, Rory Kleinveldt, Eddie Leie, Keshav Maharaj, Janneman Malan, Dane Paterson, Jon-Jon Smuts, Morné van Wyk, Dane Vilas, David Wiese, Hardus Viljoen, Khaya Zondo.

Meer oor:  Wêreldbeker  |  Proteas  |  Anrich Nortjé  |  Cpl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.