Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
6/0: Sy stel nuwe T20-rekord op

Die Nepalees Anjali Chand (24) se verstommende 6/0 teen die Maledive in die Suid-Asiatiese-Spele is die beste boulontleding vir mans of vroue in internasionale T20-krieket.

Die Hindustan Times berig Chand het in haar internasionale buiging ses paaltjies vir geen lopies in 13 balle behaal en haar merkwaardige prestasie het boonop ’n driekuns ingesluit.

Die Maledive is die afgelope naweek in die kragmeting in Pokhara uitgeboul vir 16 en Nepal het die lopiejaagtog in slegs vyf balle suksesvol voltooi.

Die vrouespeler Mas Elysa van Maleisië was die vorige rekordhouer met ’n boulontleding van 6/3 teen China in Januarie.

Deepak Chahar hou die rekord vir die beste boulontleding deur ’n man in internasionale T20-krieket. Die Indiër het in November syfers van 6/7 teen Bangladesj behaal.

– Sportredaksie

Meer oor:  T20  |  Toetskrieket  |  Eendagkrieket  |  Mas Elysa  |  Anjali Chand  |  Deepak Chahar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.