Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Daniel Vettori groet Kiwi-krieket ná 18 jaar
Daniel Vettori (middel).

Die Wêreldbeker-eindstryd teen Australië was die Kiwi-draaier Daniel Vettori (36) se laaste internasionale krieketwedstryd.

Die draaier het Maandag ná 113 toetse, 295 eendagwedstryde en 34 internasionale T20-wedstryde sy internasionale uittrede ná 18 jaar aangekondig.

“Die eindstryd was my laaste wedstryd vir Nieu-Seeland. So dit was wonderlik om so te eindig. Dit sou lekker gewees het om te wen, maar ek is trots op elkeen,” het Vettori gesê wat 15 paaltjies in die toernooi laat kantel het.

Die Australiese paaltjiewagter Brad Haddin (37) het intussen ook sy uittrede uit eendagkrieket aangekondig. 

- Sapa-AP

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.