Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
MacGill dagvaar Krieket Australië vir miljoene
Stuart MacGill

’n Voormalige Australiese bybreekbouler het Krieket Australië (CA) vir A$2,5 miljoen (sowat R20 miljoen) aan verlore inkomste gedagvaar.

Die 43-jarige Stuart MacGill voer in hofstukke aan wat in die Victoriaanse hooggeregshof ingedien is dat hy nie vergoed is toe hy destyds as speler beseer was nie. Hy het toetskrieket in 2008 vaarwel toegeroep.

Volgens sy prokureurs het hy verskeie beserings in die loop van sy loopbaan opgedoen en ly sy gesondheid nou nog daaronder.

Luidens die hofstukke het CA versuim om A$1,6 miljoen aan MacGill te betaal toe sy beserings hom weerhou het om te kan speel. Die res van die bedrag wat geëis word, is opgehoopte rente. 

– supersport.com

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.