Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Protea-vroue
Lizelle boaan ranglys vir kolwers
Lizelle Lee is gesamentlik in die eerste plek op die Internasionale Krieketraad se ranglys vir kolwers in eendagkrieket. Foto: Gallo Images

Die Protea-vrouekrieketspan se Lizelle Lee bevind haar nou in die gesamentlike eerste plek op die Internasionale Krieketraad se ranglys vir kolwers in eendagkrieket.

Die 29-jarige Lee is saam met Mithali Raj (Indië) boaan die lys. Lee is tans een van Suid-Afrika se uitblinkers in die reeks tussen die Proteas en die Wes-Indiese Eilande, wat in Antigua beslis word.

Lee het 91 onoorwonne lopies in die eerste eendagwedstryd aangeteken en dit met 18 in die tweede opgevolg. Haar bydrae van 78* in die derde kragmeting Maandag, wat die Proteas ’n reekssege help verseker het, is nie in berekening gebring nie.

Dit wemel behoorlik van Suid-Afrikaners op die ranglys. Laura Wolvaardt beklee die tiende plek, Mignon du Preez die 15de, Marizanne Kapp die 21ste en Dané van Niekerk die 25ste plek.

Wat die ranglys vir boulers betref, beklee die Australiër Jess Jonassen die eerste plek. Daar is egter drie Proteas in die toptien. Kapp is derde, Shabnim Ismail vierde en Ayabonga Khaka sewende. – Sportredaksie

Meer oor:  Protea-Vrouekrieketspan  |  Lizelle Lee  |  Krieket  |  Ikr
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.