Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Aankondiging oor Moroe dán verwag

Terwyl die voortslepende sage van Thabang Moroe, die geskorste uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika (KSA), nóg ’n kinkel bygekry het, beplan die beheerliggaam om Donderdag ’n aankondiging oor Moroe se toekoms te doen.

Thabang Moroe, die geskorste uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika. Foto: Elizabeth Sejake

“Die raad het Vrydag hul besluit geneem, maar daar is sekere protokol wat gevolg moet word voordat ’n amptelike aankondiging gedoen kan word,” het Thamie Mthembu, KSA se kommunikasiehoof, by navraag gesê.

Dit volg nadat die Sunday Times die naweek berig het dat KSA se raad glo ’n wysiging gemaak het aan die opdrag wat aan forensiese ondersoekers gegee is, wat sal behels dat die raad nie ondersoek word nie, maar slegs Moroe.

Chris Nenzani, KSA se president en voorsitter van die raad, het die inligting in dié berig Dinsdag ontken.

KSA het Moroe in Desember geskors vir beweerde wanbestuur hangende ’n onafhanklike forensiese ondersoek na bestuurspraktyke. Die beheerliggaam het aan die forensiese ouditeure die mandaat gegee om ’n holistiese ondersoek na KSA se bestuurspraktyke te doen, insluitende die van die raad.

Die eerste deel van dié verslag is in Junie ontvang. Die inhoud van die forensiese ondersoek sal Moroe se toekoms bepaal.

Michael Motsoeneng Bill, Moroe se prokureur, is egter nie tevrede met hoe die proses deur KSA bestuur is nie.

Hy het vandeesweek op die radiostasie SAfm benadruk dat Moroe nog van niks aangekla is nie. Hy voer ook aan dat Moroe nie uit sy eie enige opdragte kon uitvoer nie.

“Die uitvoerende hoof is verantwoordbaar teenoor die raad en doen verslag aan die raad,” sê Bill.

Meer oor:  Krieket  |  Ksa  |  Thabang Moroe  |  Krieket Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.