Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Aankondiging oor Moroe moet wag
Thabang Moroe Foto: Gallo Images

Krieket Suid-Afrika (KSA) sal Saterdag dalk besonderhede verskaf oor Vrydag se opvolgvergadering om oor die lot van sy geskorste uitvoerende hoof, Thabang Moroe, te besluit.

Hoewel die volle verslag eers volgende week aan die raad voorgelê sal word, het Chris Nenzani, die president, vroeër die week laat blyk dat hulle reeds ’n besluit kan neem.

Nenzani het kort ná Vrydag se vergadering aan ’n mediawoordvoerder gesê daar sal nie ’n onmiddellike verklaring uitgereik word nie.

Dit kan moontlik wees om eers die regsaspekte uit te klaar.

Die voortslepende kwessie rondom Moroe het die laaste paar weke ’n saak van groot dringendheid geword vir die KSA wat ook die stand van sake aan die portefeuljekomitee vir sport moes verduidelik.

Dit sloer nou bykans sewe maande lank waarin Moroe steeds sy salaris verdien het.

Dit sloer nou bykans sewe maande lank waarin Moroe steeds sy salaris verdien het.

Hy is vroeg in Desember geskors vir beweerde wanbestuur hangende ’n onafhanklike forensiese ondersoek na die bestuurspraktyke by die KSA.

Die KSA het die eerste verslag twee weke gelede ontvang en raadslede het dit Maandagaand onder oë gehad. – Johann de Jager

Meer oor:  Chris Nenzani  |  Thabang Moroe  |  Johannesburg  |  Skorsing  |  Uitvoerende Hoof  |  Krieket  |  Ksa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.