Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
AB kolf dalk weer in Junie vir Proteas

Die kanse raak al hoe groter dat AB de Villiers tot internasionale krieket gaan terugkeer.

Trouens, as als goed gaan, kan hy reeds teen Junie weer vir die Proteas speel.

AB de Villiers het Sondag ’n rits uitmuntende houe in sy spogbeurt vir die Royal Challengers Bangalore teen die Kolkata Knight Riders gespeel. Foto: IPL

Mark Boucher, die Protea-afrigter, was al van die begin van sy termyn af te vinde daarvoor dat De Villiers terugkeer nadat dié 37-jarige kolwer sy skok-uittrede in 2018 aangekondig het.

Boucher het verlede week weer gesê dat hy met De Villiers in gesprek is en dat hulle nader aan die einde van die Indiese Premierliga (IPL) weer daaroor sal praat.

De Villiers het reeds tydens verlede jaar se IPL in Oktober aan Netwerk24 gesê hy wil die huidige IPL as ’n proeflopie gebruik om te kyk of hy nog met die bestes in die wêreld kan saamgesels. As hy dan dink dat hy nog goed en fiks genoeg is, sal hy hom weer vir Suid-Afrika beskikbaar stel.

Nou, ná sy briljante beurt van 76* van 34 balle in die Royal Challengers Bangalore se oorwinning Sondag oor die Kolkata Knight Riders, het hy gesê dat hy gewillig is om terug te keer. Hy het bevestig dat hy en Boucher later in die IPL sal praat.

“Ons praat reeds daaroor. Verlede jaar het Boucher gevra of ek sou belang stel en ek het gesê absoluut. Aan die einde van die IPL sal ons kyk hoe my spelpeil en fiksheid is,” het hy Sondag volgens Reuters gesê.

“Ook oor die situasie met sy span – hy moet kyk na sy ouens wat goeie vertonings gelewer het. As daar nie plek vir my is, dan is dit so. As ek wel plek kan kry, sal dit fantasties wees as alles so uitwerk.”

Die kans dat daar nie plek vir De Villiers sal wees nie, is skraal. Hy stap in enige span in die wêreld in.

Die Proteas se volgende internasionale verpligtinge is aan die begin van Junie teen die Wes-Indiese Eilande, waar hulle in twee toetse en vyf T20-wedstryde sal speel.

Die nasionale span sal De Villiers waarskynlik reeds vir daardie reeks wil kies, mits hy meen dat hy ná die IPL fiks en goed genoeg is.

Daarna reis die span na Ierland vir drie eendag- en drie T20-wedstryde in Julie.

Die Proteas sal dan ’n kort blaaskans hê voor die beplande witbalreekse in Sri Lanka en Indië, voordat die T20-Wêreldbeker-toernooi in Oktober in Indië begin.

As De Villiers wil terugkeer, sal dit net vir T20-krieket wees.

Meer oor:  Krieket  |  Ab De Villiers  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.