Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
AB de Villiers blink uit in RCB se sege

Al was die paviljoene leeg in die Dubai-stadion toe AB de Villiers Maandag uitgestap het om vir die Royal Challengers Bangalore in die Indiese Premierliga (IPL) te gaan kolf, het die kreet “AB! AB! AB!” steeds oor die luidsprekers weergalm.

Dit was die ideale inleiding vir nog ’n meesterlike beurt deur hierdie immergroen kolwer.

Van die 30 balle wat hy trotseer het, het De Villiers 51 lopies geslaan. Hy het selfs daarin geslaag om sy kaptein, Virat Kohli, in talle kringe gesien as die beste kolwer ter wêreld, se mond te laat oophang.

Om dit reg te vermag, verg iets spesiaal. Maar nou ja, om iets spesiaal met die kolf op te lewer, is iets waarin De Villiers skynbaar spesialiseer.

Dansky hom het die Challengers (163/5) hul openingswedstryd in vanjaar se IPL teen die Sunrisers Hyderabad (153) met 10 lopies gewen.

AB de Villiers aan die begin van sy loopbaan by RCB.Foto: Gallo Images

De Villiers het ook die mylpaal behaal om sy 200ste ses in die reeks te slaan. Hy moes egter 24 aflewerings daarvoor wag.

Maar soos dit met die ikoniese rooi dubbeldekker-busse in Londen gaan, wag jy soms vir wat voel soos ’n ewigheid voor een opdaag, en skielik is daar sommer twee.

So was dit ook met die Protea-veteraan, wat hy het die volgende bal ook sommer oor die grenstou gelig.

Aanvanklik het hy en Kohli hul lopies in enkellopies versamel, maar na Kohli se vertrek het De Villiers die leiding geneem en met die wilgerlat geswaai.

Kort voor lank het hy die groot houe begin speel. Hy is in die laaste boulbeurt uitgehardloop toe hy ’n tweede gewaag het om die slag te behou.

Dit was die 37ste keer dat hy sy kolf omhoog gehou het om ’n 50-tal in die IPLte erken.

Die groentjie-aanvangskolwer Devdutt Padikkal (56, 42 b, 8x4) het homself duidelik aangemeld op dié vlak en was baie indrukwekkend.

Die snelbouler Dale Steyn (1/33) is die ander Suid-Afrikaner in RCB se span en hy het die laaste paaltjie ingeoes.

Steyn het omtrent soos ’n Bjorn Borg van ouds gelyk, met sy lang hare en ’n sweetband om dit in toom te probeer hou. Dit is duidelik dat hy tydens die tyd van inperking nie naby aan ’n haarkapper was nie.

Meer oor:  T20  |  Ab De ­Villiers  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.