Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
AB-ervaring kan goud werd wees vir Proteas

AB de Villiers se ervaring sal baie waardevol vir die Proteas wees.

Só het Enoch Nkwe, hulpafrigter van die Proteas, Dinsdag in Port Elizabeth gesê enkele ure nadat De Villiers in ’n onderhoud in Australië gesê het dat hy graag vir Suid-Afrika in die T20-Wêreldtoernooi in Oktober en November wil speel.

AB de Villiers in sy Big Bash-buiging vir die Brisbane Heat in aksie. Foto: Getty Images

De Villiers het Dinsdag sy debuut vir die Brisbane Heat in die Big Bash-T20-liga gemaak. Die T20-Wêreldtoernooi word ook in Australië beslis.

“As ons sy toewyding kan sien, kan ons hom oproep en ek is seker hy sal graag weer vir Suid-Afrika wil speel,” sê Nkwe.

Hy gaan egter nie net in die span instap nie.

“Dit gaan nie so maklik wees nie. Bouch (Mark Boucher, die Proteas se afrigter) glo in die proses en jy moet dit verdien (om gekies te word).

“Hy (De Villiers) was egter betrokke in die Mzansi-superliga (MSL) en ek is seker hy sal in aksie wees in van die reekse waarin ons gaan speel as hy belangstelling toon.”

As ons sy toewyding kan sien, kan ons hom oproep en ek is seker hy sal graag weer vir Suid-Afrika wil speel.
Enoch Nkwe

Linda Zondi, die sameroeper van die keurkomitee, het aan Netwerk24 gesê hy het nog nie self met De Villiers gepraat nie, maar dit sal beslis ’n moontlikheid wees dat hy in die skouspel Doer Onder in aksie kan wees. Dan sal hy egter in van die T20-reekse in die opbou tot die toernooi moet speel.

Die Proteas speel volgende maand drie T20’s teen Engeland en Australië elk.

Daar was verlede jaar groot omstredenheid toe dit tydens die Wêreldbeker-toernooi aan die lig gekom het dat De Villiers aan die vooraand van dié skouspel aangebied het om homself beskikbaar te stel. Dít nadat hy ’n jaar tevore uit die spel getree het.

Met dié dat hy nou in die openbaar sy belangstelling uitgespreek het, terwyl die Proteas hom duidelik ook graag wil terughê, behoort niks vir ’n laaste Protea-hoera in sy pad te staan nie.

Meer oor:  Mark Boucher  |  Ab De Villiers  |  Enoch Nkwe  |  Proteas  |  Big Bash-T20 Liga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.