Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
AB gee weer glans aan MSLT20
AB de Villiers verlede jaar in die kleure van die Tswane Spartans. Hy sal in vanjaar se Mzansi-superliga weer vir die span speel.Foto: Gallo Images

AB de Villiers maak in November en Desember sy terugkeer tot die Suid-Afrikaanse krieketvelde wanneer hy vir die Tshwane Spartans in die Mzansi-superliga (MSL) speel.

Hy is een van die Suid-Afrikaanse glansspelers wat in aksie is.

Die internasionale glansspelers is Woensdag aangekondig, met vier spelers van Engeland wat hul staal in ses spanne sal toon.

Alex Hales gaan vir die Durban Heat diens doen, terwyl sy aanvangsmaat Jason Roy vir die Nelson Mandela Bay Giants sal speel.

Die bouler David Willey vervang Dwayne Bravo as die internasionale ster by die Paarl Rocks, terwyl Tom Curren, ook ’n naatbouler, sy landgenoot en die Engelse kaptein wat die Wêreldbeker verower het, Eoin Morgan, by die Tshwane Spartans vervang.

Die ander twee internasionale spelers is Wahab Riaz van Pakistan wat vir die Cape Town Blitz speel en die Windie-kolwer Chris Gayle wat weer vir die kampioen, Jozi Stars, beskikbaar is.

Wat die plaaslike sterre betref, is Quinton de Kock weer vir die Cape Town Blitz beskikbaar en vervang Andile Phehlukwayo vir Hashim Amla by die Durban Heat.

Kagiso Rabada is weer by die Jozi Stars en Imran Tahir hervat sy verbintenis met die Nelson Mandela Bay Giants in Port Elizabeth.

Faf du Plessis speel ook weer vir die Paarl Rocks.

Meer oor:  Quinton De Kock  |  Ab De Villiers  |  Faf Du Plessis  |  Johannesburg  |  Mzansi-Superliga  |  Krieket  |  Glansspelers  |  Spartans  |  T20
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.