Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
AB-hulle braai in Dubai . . . met renostermis!
AB de Villiers en Chris Morris vier die paaltjie van hul landgenoot Faf du Plessis, wat vir die Chennai Super Kings in die IPL speel. Foto: IPL

Net omdat hulle nie op Erfenisdag in Suid-Afrika was nie, beteken dit nie AB de Villiers, Dale Steyn en Chris Morris het die geleentheid laat verbygaan sonder om ’n vleisie op die kole te gooi nie.

De Villiers, Steyn en Morris, wat al drie vir die Royal Challengers Bangalore (RCB) in vanjaar se Indiese Premierliga (IPL) speel, het gereël dat hulle op 24 September ’n vuur kon aansteek en vleis braai. Die spanne speel vanjaar in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) vanweë die hoë getal Covid-19-gevalle in Indië.

Die spanne is almal binne ’n “bioborrel” en het nie kontak met die buitewêreld nie. Maar nie eens dít kon Suid-Afrikaners op Braaidag keer nie en hulle het by die hotel gebraai.

“Ons het met Erfenisdag ’n vuurtjie aangesteek. Ek het ’n vennootskap met Megamaster, wat renosterbewaring ondersteun saam met Rockwood. Daarvoor het ons met renostermis die vuurtjie aan die gang gekry, so daar was nog ’n ekstra rede vir die braai,” het De Villiers vandeesweek uit die VAE aan Netwerk24 gesê.

Só lyk Rhino Ball Firelighters.

Megamaster is ’n maatskappy wat in braaitoerusting spesialiseer. Hulle het ’n nuwe inisiatief in samewerking met die Rockwood-bewaringsgroep gestig – Rhino Ball Firelighters.

Renostermis word gebruik as ’n vuuraansteker en daar was selfs ’n uitdaging waartydens mense gepoog het om die renostermisbal met een hand aan te steek. Die projek wil bewustheid vir renosterstropery skep.

De Villiers, Morris en Steyn het elkeen die renostermis met een hand aangesteek gekry. Dié inisiatief was egter nie die enigste rede vir hul braai nie.

“Natuurlik was dit ook op Suid-Afrika se Braaidag, so dit was baie lekker saam met Chris en Dale, ouens wat ek goed ken en vir wie ek baie respek het.”

AB de Villiers en Dale Steyn beraadslaag met ’n skeidsregter. Foto: IPL

De Villiers sê die borrel bied beslis unieke uitdagings.

“Daar is pluspunte, maar ook negatiewe punte as ek dit moet vergelyk met die IPL in Indië, wat baie meer intens is. Daar is meer vlugte in Indië, veiligheidsdienste, mense in jou spasie. Dit is nie die geval hier nie.

“Maar hier is ons aan die hotel gekluister, ons kan nêrens heen beweeg nie. Ons gaan letterlik van die hotel na die veld toe, en terug na die hotel toe.

“Gelukkig is daar ’n paar lekker ouens in ons groep.”

Meer oor:  Dale Steyn  |  T20  |  Chris Morris  |  Ab De ­Villiers  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.