Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
AB, Quinny skaflik, maar die res vou

Dit was gister in die Verenigde Arabiese Emirate maar ’n valerige dag vir Suid-Afrika se top-krieketspelers in die Indiese Premierliga.

Afgesien van AB de Villiers (24) en Quinton de Kock (26) was daar nie veel bydraes deur die ander kolwers nie, terwyl Kagiso Rabada (0/27), Anrich Nortjé (1/25) en Chris Morris (0/16) ook nie die wêreld aan die brand geboul het nie.

Boonop is De Villiers-hulle se Royal Challengers Bangalore (120/7) met vyf paaltjies deur die Sunrisers Hyderabad geklop.

Vroeër het die Mumbai Indians (111/1) ook ’n maklike oorwinning oor die Delhi Capitals (110/9) behaal nadat Jasprit Bumrah (3/17) en Trent Boult (3/21) moles gemaak het. – espncricinfo.com

Meer oor:  Quinton De Kock  |  Ab De Villiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.