Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
AB, Rilee en Chris herenig in BPL

Die Australiese media het daarop gewys dat die Bangladesj Premierliga (BPL) se ikoon- en buitelandse spelers meer aansien het as die spelers wat tans in hul Big Bash (BBL) speel.

AB de Villiers gaan sy BPL-buiging maak. Foto: Gallo Images

Die BPL oorvleuel met die BBL nadat dit in Oktober weens verkiesings uitgestel is.

Die twee geskorste Australiese spelers, David Warner (Sylhet Sixers) en Steve Smith (Comilla Victorians), is onder die oorsese sterre wat speel in die BPL, wat Saterdag begin.

AB de Villiers, voormalige Protea-kolwer, speel vir die eerste keer in die BPL.

De Villiers, Chris Gayle en Rilee Rossouw, wat voorheen vir die Royal Challengers Bangalore in die Indiese Premierliga gespeel het, speel al drie vir die kampioenspan van die Rangpur Riders. De Villiers sal volgens espncricinfo.com net sewe wedstryde speel.

Van die ander internasionale spelers wat glans aan die BPL gaan verleen, is Alex Hales, Sunil Narine, Kieron Pollard, André Russell, Shahid Afridi, Carlos Brathwaite, Dawid Malan, Lasith Malinga, Imran Tahir, Christiaan Jonker, Robbie Frylick, David Wiese.

– Sportredaksie

Meer oor:  Rilee Rossouw  |  Chris Gayle  |  Ab De Villiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.