Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
AB se kolf gloei in Indiese Premierliga
AB de Villiers het Sondag met nog ’n skitterende kolfbeurt in die Indiese Premierliga vorendag gekom. Foto: IPL

AB de Villiers het Sondag in Chennai nogmaals onderstreep waarom Krieket Suid-Afrika se ringkoppe agteroor moet buig om vir hom plek te maak in die Proteas se T20-span, wat later vanjaar in Indië aan die Wêreldbeker-toernooi in dié formaat gaan speel.

De Villiers het met ’n verbysterende beurt van 76 lopies van slegs 34 balle vorendag gekom in die Royal Challengers Bangalore se kragmeting met die Kolkata Knight Riders in die Indiese Premierliga (IPL).

De Villiers se onoorwonne, warrelwind-beurt het nege viere en drie sesse ingesluit.

De Villiers se onoorwonne, warrelwind-beurt het nege viere en drie sesse ingesluit en het selfs die skitterende vertoning van sy Australiese spanmaat Glenn Maxwell (78 lopies van 49 balle) oorskadu.

Die Suid-Afrikaanse kolfheld se vuurwerk met die wilgerlat het RCB tot ’n stewige totaal van 204/4 in sy toegelate 20 boulbeurte help voer. Die Knight Riders is daarna tot 166/8 beperk (’n oorwinning met 38 lopies vir RCB).

De Villiers het in RCB se eerste wedstryd van vanjaar se IPL ook ’n deurslaggewende beurt van 48 lopies in die oorwinning oor die Mumbai Indians gespeel.

Hy het verlede jaar in ’n onderhoud met Netwerk24 gesê hy sal dit oorweeg om hom vir die T20-WB-toernooi beskikbaar te stel as hy in vanjaar se IPL aan homself kan bewys dat hy op 37-jarige ouderdom nog met die wêreld se bestes kan saamgesels.

Sondag is onteenseglike bewys dat Vader Tyd nog geensins sy reflekse en kolfvaardighede laat taan het nie. Die feit dat hy sy lopies teen boulers van Pat Cummins, Andre Russell en die ou jakkals Harbhajan Singh se kaliber aangeteken het, sê baie van sy huidige kolfpeil.

CAPE TOWN, SOUTH AFRICA - DECEMBER 07: Quinton de
Quinton de Kock

Twee van De Villiers se landgenote, die Proteas Quinton de Kock en Faf du Plessis, het ook die naweek sleutelrolle vir hul onderskeie spanne met die kolf vertolk.

De Kock se 40 lopies het ’n goeie grondslag vir die Mumbai Indians help lê in hul oorwinning met 13 lopies oor die Sunrisers Hyderabad, terwyl Du Plessis met ’n onoorwone beurt van 36 lopies die anker in die Chennai Super Kings se oorwinning met ses paaltjies oor die Punjab Kings was.

Meer oor:  Quinton De Kock  |  Ab De Villiers  |  Faf Du Plesiss  |  Indie  |  Krieket  |  Proteas  |  Kanonkolwer  |  Ipl  |  T20-Wêreldbeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.