Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
AB se sukkelende span stuur SOS
Dale SteynFoto: Gallo Images

Die Protea-snelbouler Dale Steyn gaan as ’n plaasvervanger vir die sukkelende Royal Challengers Bangalore sy terugkeer in die Indiese Premierliga maak.

Die 35-jarige Steyn gaan die beseerde Australiese snelbouler Nathan Coulter-Nile (rugbesering) vervang.

Steyn sal volgens espncricinfo.com vir volgende Vrydag se wedstryd teen die Kolkata Knight Riders oorweeg kan word.

RCB, met sterre soos Virat Kohli en AB de Villiers in sy geledere, het sy eerste ses wedstryde verloor.

Steyn was in 2016 laas in die IPL in aksie. Toe het hy slegs een wedstryd, vir die Gujarat Lions, gespeel.

Hy het destyds sy IPL-buiging vir RCB gemaak en voorheen ook vir die Deccan Chargers en Sunrisers Hyderabad gespeel.

Suid-Afrika se Heinrich Klaasen is ook by RCB, maar moet nog sy buiging vir die franchise maak.

Steyn se laaste plaaslike wedstryd was op 31 Maart vir die Titans in die eindstryd van die Eendagbeker-reeks teen die Dolphins. Hy het toe 3/36 platgetrek. – Sportredaksie

Meer oor:  Dale Steyn  |  Ab De Villiers  |  Indie  |  Krieket  |  T20  |  Snelbouler  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.