Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
AB speel in Pakistanse T20-liga

Die voormalige Protea-kolwer AB de Villiers gaan in Februarie in die Pakistanse Superliga (PSL) te siene wees.

AB de Villiers. Foto: Getty Images

De Villiers het die bespiegeling daaroor die laaste klompie dae Vrydag in ’n beeldgreep op Twitter bevestig.

Die 34-jarige De Villiers het vanjaar sy internasionale uittrede aangekondig.

Hy het in die Indiese Premierliga reeds vir die Delhi Daredevils en die Royal Challengers Bangalore gespeel.

De Villiers was ook al vir die Barbados Tridents in Karibiese Premierliga in aksie.

Verlede maand is daar aangekondig dat De Villiers die niespelende ambassadeur van die Verenigde Arabiese Emirate se nuwe T20-kriekettoernooi gaan wees. Dié UAE T20x, waarin vyf spanne gaan speel, word van 19 Desember tot 11 Januarie beslis en oorvleuel met die Big Bash League in Australië.

Die PSL word volgende jaar ’n vierde keer gehou.

Die wedstryde word in die Verenigde Arabiese Emirate gespeel, terwyl van die uitspeelwedstryde in Pakistan beslis word. – Sportredaksie

Meer oor:  T20  |  Ab De Villiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.