Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Abbott het regte besluit geneem – Fanie

Kyle Abbott en Rilee Rossouw sou dom gewees het as hulle nie besluit het om ’n Kolpak-kontrak te sluit en hul krieketheil voortaan in Engeland by die graafskap Hampshire te gaan soek nie.

Kyle AbbottFoto: Gallo Images

Só glo die eertydse snelbouler van die Suid-Afrikaanse span Fanie de Villiers.

“Dit was gewis nie ’n emosionele besluit wat hulle sommer net oornag gemaak het nie. Dit is ’n berekende besluit wat hulle waarskynlik nagte lank sou laat wakker lê het en waarin hulle al die moontlikhede teen mekaar opgeweeg het,” glo De Villiers.

“Só ’n besluit gaan uiteindelik gepaard met onsekerheid,” sê hy.

“Abbott is al in die verlede soos ’n stiefkind behandel in die nasionale opset en hoewel hy nou speelkans gekry het, is daar geen versekering dat hy nie in die toekoms weer stief behandel sou word nie,” sê De Villiers.

Volgens hom sou Abbott die nasionale krieketlandskap deeglik uitgekyk het. Hy sou ook besef het dat daar ’n moontlikheid is dat iemand soos Dale Steyn dalk weer in ’n stadium sy terugkeer kan maak en dat daar ook dalk weer na Morné Morkel gekyk sou word.

Só ’n besluit gaan uiteindelik gepaard met onsekerheid.

“Met Kagiso Rabada wat so uitstekend boul en Vernon Philander wat gevestig is, sou hy dan agter hulle in die ry as snelboulers in die span staan en die eerste een wees na wie gekyk sal word wanneer ’n snelbouler vervang moes word,” sê hy.

“Met Abbott wat ook reeds 29 jaar oud is, sou hy beslis sterk oorweging geskenk het aan die finansiële sekuriteit wat só ’n Kolpak-kontrak hom bied.

“Ek glo die gemiddelde graafskapspeler daar in Engeland sal in die omgewing van R1,5 miljoen per jaar kan verdien.

“Sou Abbott oor die volgende paar jaar daardie soort van geld met ’n nasionale kontrak van KSA verdien het? Ek twyfel baie sterk,” sê De Villiers.

“Jy moet besef dit is nou hierdie spelers se werk en hulle moet finansiële voorsiening maak. Dit gaan nie net meer oor deelname aan die sport en die eer en trots om vir jou land te speel nie.

Rilee RossouwFoto: Gallo Images

“Nou begin ander dinge swaarder weeg en as jy voel jy bevind jou in ’n situasie waar jou toekoms onseker is, en ander ouens voor jou in die tou staan, sal jy ander opsies oorweeg,” sê De Villiers.

“Ek glo Abbott is goed genoeg om nog vir ’n hele lang ruk vir Suid-Afrika te kon speel, maar daar was in sy eie gemoed net té veel onsekerheid om daardie kans te waag.”

De Villiers het ook die voorbeeld van die eertydse nasionale paaltjiewagter Nic Pothas gebruik as ’n speler wat sy heil elders gaan soek het omdat hy gesien het sy pad na die nasionale span is versper.

“Daar gaan nog baie spelers daardie paadjie bewandel. Iemand wat ek glo dit binnekort kan doen, is Dane Piedt, wat ook dalk nou sal besef hy staan in ’n taamlike lang tou wat die SA span betref.”

Meer oor:  Krieket  |  Kyle Abbott
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.