Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Ackerman rig Afgane se kolwers af
HD Ackerman. Foto: Getty Images

HD Ackerman, voorheen een van Krieket Suid-Afrika se kolfkonsultante, is as Afganistan se kolfafrigter aangestel en sluit hom aan by ’n voormalige Protea, Lance Klusener, wat die hoofafrigter is.

Die Afgaanse Krieketraad het aan ESPNcricinfo bevestig dat Ackerman (46) op 1 Maart in sy nuwe pos begin voor die nasionale span se T20-reeks in Indië teen Ierland, wat gevolg word deur ’n eenmalige toets.

Sy kontrak is tot aan die einde van 2020 met die Afgaanse Krieketraad.

Ackerman, wat ook ’n kommentator is, het vier toetse vir Suid-Afrika gespeel, twee teen Pakistan en twee teen Sri Lanka, almal tuis in 1998.

Hy het een vyftigtal aangeteken in sy 161 lopies met ’n gemiddeld van 20.12.

Hy het tussen 1993 en 2009, 14 625 lopies in 220 eersterangse wedstryde aangeteken. Hy het ook 200 eersterangse wedstryde en 55 T20-wedstryde gespeel.

Afganistan se T20-reeks teen Ierland word in Greater Noida, naby die Indiese hoofstad New Delhi, op 6, 8 en Maart gespeel. – Sportredaksie

Meer oor:  Krieket  |  Hd Ackerman  |  Afganistan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.