Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Afganistan skok Bangladesj met toetssege

Rashid Khan het ses paaltjies in die tweede beurt geneem om Afganistan se krieketspan Maandag in Chattogram ’n roemryke toetsoorwinning oor Bangladesj te help behaal.

Daar was net vier boulbeurte oor toe Afganistan die oorwinning in dié toets, wat deur reën onderbreek is, kon bewerkstellig.

Rashid Khan, een van die helde van Afganistan se toetsoorwinning oor Bangladesj. Foto: Getty Images

Rashid, wat op 20 jaar die jongste toetskaptein nóg is, het 6/49 in die tweede beurt geneem.

Hy het boonop ook vyf paaltjies in die eerste beurt platgetrek en 51 lopies gemoker.

Dit was maar Afganistan se derde volwaardige toetskragmeting sedert dié land twee jaar gelede amptelike toetsstatus gekry het.

Afganistan het eerste gekolf en 342 lopies aangeteken, waarop Bangladesj net met 260 kon antwoord.

In sy tweede beurt het Afganistan 205 en Bangladesj 173 gekry, wat beteken het dat die besoekende span met 224 lopies gewen het.

Rahmat Shah se 102 lopies in die eerste beurt was die eerste honderdtal deur ’n Afgaanse kolwer in ’n toets.

“Alle eer aan Afganistan, maar terselfdertyd beteken dit ook ons sal harder moet werk,” het Shakib Al Hasan, Bangladesj se kaptein, gesê.

“Ons speel al vir byna 20 jaar toetskrieket, so ons kan nie sê ons is nog besig om te bou nie. Ons moet hierdie wedstryd so gou as moontlik vergeet en op die T20-reeks fokus.” – Reuters

Telkaart

Meer oor:  Toetskrieket  |  Rashid Khan  |  Bangladesj  |  Afganistan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.