Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Afgedankte Ontong toer saam met SA

Justin Ontong gaan saam met die Proteas na Indië reis vir hul toer van drie T20-wedstryde en drie toetse.

Ontong gaan sy rol as Suid-Afrika se veldwerkafrigter voortsit nadat hy dié pos sedert September 2017 onder Ottis Gibson beklee het.

Justin Ontong sê hy sal steeds die Proteas se veldwerkafrigter in Indië wees. Foto: Gallo Images

Krieket Suid-Afrika (KSA) het nog nie bekend gemaak wie die waarnemende spandirekteur, Enoch Nkwe, se hulpafrigters gaan wees nie, maar Ontong het aan Netwerk24 gesê hy is verheug en geëerd om steeds by die nasionale span betrokke te wees.

KSA het Gibson en al sy hulpafrigters, Dale Benkenstein, Malibongwe Maketa, Claude Henderson en Ontong ná die teleurstellende Wêreldbeker-toernooi gepos.

Nou blyk dit Ontong gaan ’n tweede lewe onder Nkwe kry, maar dié pos behoort ook vir eers slegs tydelik te wees totdat KSA ’n voltydse spandirekteur aangestel het.

“Ek is net bly dat ek steeds betrokke kan wees,” sê Ontong.

“Ek is baie bly dat ek hierdie geleentheid kry en ek sien uit daarna om saam met Enoch te werk. My taak sal nie net tot veldwerk beperk wees nie en ek sal ook help met kolfwerk, maar veldwerk sal my kerntaak wees,” sê Ontong.

Hy sê hy weet nie wie die ander hulpafrigters is nie, maar dat hy baie bly is vir Maketa, wat as die waarnemende afrigter van die SA A-span aangestel is.

Hoewel die Proteas met ’n betreklik jong groep na Indië vertrek ná die uittrede van JP Duminy, Imran Tahir (T20’s) en Dale Steyn en Hashim Amla (toetse) is dit ’n skitterende geleentheid vir die jong spelers om hul stempel af te druk.

“Ek is baie opgewonde oor die groep wat gaan. Indië is ’n baie taai plek om heen te toer, maar daar is nie ’n beter plek om jou stempel af te druk nie.

“Dit is ’n jong groep nadat verskeie ouens uitgetree het, maar daar is steeds ervare ouens soos Faf (du Plessis, kaptein) en Dean Elgar.”

Ontong sê die teleurstelling van die WB-toernooi is nou reeds verwerk.

“Dit was baie taai en ons het nie verwag om só te begin by die WB nie. Maar hierdie is ’n nuwe fase van Protea-krieket wat nou begin.”

Nkwe sal drie hulpafrigters kry – een elk wat vir kolfwerk, boulwerk en veldwerk verantwoordelik sal wees.

KSA het by navraag gesê dit is nog nie duidelik wanneer Nkwe se hulpafrigters amptelik aangekondig gaan word nie.

KSA wou ook nie Ontong se betrokkenheid bevestig of ontken nie.

Meer oor:  Indië  |  Veldwerkafrigter  |  Proteas  |  Justin Ontong
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.