Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Akmal se appèl teen skorsing is volgende week

Die kolwer Umar Akmal se appèlsaak teen sy skorsing van drie jaar sal volgende week aangehoor word, het die Pakistanse Krieketraad (PCB) aangekondig.

Dit nadat die 30-jarige Akmal in April vir drie jaar uit alle vorme van krieket geskors is nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy dié land se antikorrupsie-maatreëls oortree het.

Die Pakistanse krieketspeler Umar Akmal se appèlsaak teen sy skorsing sal volgende week aangehoor word. Foto: Getty Images

Die klagtes hou verband met die speler se versuim om die owerhede in te lig dat hy genader is om aan korrupte aktiwiteite deel te neem, insluitende wedstrydknoeiery.

Akmal se saak sal op 11 Junie deur die voormalige hooggeregshofregter Faqir Muhammad Khokhar, wat as ’n onafhanklike beoordelaar sal optree, aangehoor word.

Hy het sedert 2009 sy land in meer as 200 wedstryde, waaronder 121 eendagwedstryde, in al drie formate van die spel verteenwoordig.

Akmal is glo op twee verskillende geleenthede genader rakende wedstrydknoeiery.

Hy het in 2019 laas vir sy land gespeel in ’n T20-reeks teen Sri Lanka op eie bodem.

Die PCB het in 2018 ’n verduideliking van Akmal geëis nadat hy in ’n TV-uitsending gesê het dat hy al dikwels genader is om wedstryde te knoei.

Akmal het toe gesê dat hy tydens 2015 se Wêreldbeker-toernooi $200 000 aangebied is om in die wedstryd teen Indië “twee aflewerings deur te laat na die paaltjiewagter”.

Hy het toe ook erken hy is gereeld in wedstryde teen Indië genader om in wedstryde te knoei, maar dat hy dit altyd van die hand gewys het. – Sportredaksie

Meer oor:  Umar Akmal  |  Pakistan  |  Wedstrydknoeiery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.