Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Alastair kook vir oulaas in toetskrieket

Die voormalige Engelse krieketkaptein Alastair Cook het ’n toetsloopbaan gebaken met hoogtepunte afgesluit toe hy ’n honderdtal in sy 291ste en laaste toetsbeurt aanteken.

Alastair Cook verlaat die kolfkampie vir die laaste keer. Foto: Reuters

Cook het 147 (286 balle; 14x4) gemoker in Engeland se tweede beurt van die vyfde en laaste toets teen Indië op die Oval in Londen.

Engeland het sy beurt ná die teepouse op dag vier gesluit verklaar op 423/8 en Indië die amperse onmoontlike taak gestel om 464 vir die sege aan te teken.

Indië het toe op 2/3 gesteier nadat James Anderson en Stuart Broad drie paaltjies in vyf balle laat kantel het.

Anderson het Shikhar Dhawan en Chetishwar Pujara albei been voor paaltjie betrap voordat Broad die groot kanon, Virat Kohli agter die paaltjies laat vang het.

Indië was op 58/3 met die uitskeityd.

Cook en Engeland se kaptein, Joe Root (125 van 190 b; 12x4, 1x6), het 259 lopies om die derde paaltjie aangeteken.

Dit was Root se eerste honderdtal in 28 toetsbeurte. Hy het 11 vyftigtalle in die 28 beurte aangeteken, maar kon nie een in ’n honderdtal omskakel nie.

Cook (33) sluit sy loopbaan as Engeland se voorste lopie-vraat af. Hy het 12 472 lopies in sy 161 toetse aangeteken insluitend 33 honderdtalle.

Telkaart.

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Alastair Cook  |  Toetskrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.