Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Ali maak geskiedenis met 100-talle

Pakistan se Abid Ali het die eerste man geword om ’n honderdtal in sy buiging in toets- en eendagkrieket aan te teken nadat die eerste kragmeting in sy tuisland sedert die terreuraanvalle in 2009 ’n onbesliste uitslag opgelewer het.

Abid Ali, Pakistan se nuwe kolfheld. Foto: Getty Images

Die 32-jarige aanvangskolwer was Sondag onoorwonne op 109 in die tuisspan se poging van 252/2, terwyl Sri Lanka in sy eerste beurt 308/6 behaal het.

Babar Azam (102*) het ook ’n honderdtal gemoker op die vyfde dag by die Rawalpindi-stadion.

Die vorige vier dae se spel is deurlopend deur reën onderbreek.

Abid se eerste toetshonderdtal volg op sy 112 teen Australië in Dubai in sy eerste internasionale eendagwedstryd in Maart.

BBCSport berig Abid is een van 15 kolwers om ’n honderdtal in sy eendag-debuut aan te teken, maar niemand anders kon ook dieselfde in hul toets-debuut vermag nie.

Enid Bakewell van Engeland het in 1973 dié prestasie in vrouekrieket behaal.

“My plan was om die nuwe bal sag te speel en geleidelik ons kolfbeurt te bou, met planne elke vyf boulbeurte,” sê Abid, die 11de Pakistan-kolwer om ’n honderdtal in sy toets-debuut aan te teken.

“So ek het daarmee probeer volhou en Babar het my selfvertroue gegee in die 90’s.”

Dit was die eerste toets in Pakistan sedert Sri Lanka se spanbus op 3 Maart, 2009 in Lahore deur ’n groep gewapende mans aangeval is.

Ses polisiemanne en twee omstanders is in die aanval dood, terwyl verskeie van Sri Lanka se spelers en afrigters beseer is.

Die tweede kragmeting in die reeks van twee toetse begin Donderdag in Karatsji.

– Sportredaksie

Meer oor:  Toetskrieket  |  Abid Ali  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.