Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Amla dalk Oval toe met Kolpak-kontrak
Hashim AmlaFoto: Getty Images

Die kans is groot dat die Oval in Londen, waar Hashim Amla in 2012 sy Suid-Afrikaanse toetsrekord-beurt van 311* aangeteken het, binnekort dié oud-Protea se hoofkantoor gaan word.

Die 36-jarige Amla, wat in Augustus sy internasionale uittrede aangekondig het, is luidens berigte op die punt om ’n Kolpak-kontrak met Surrey te sluit.

Hy het volgens espncricinfo.com ingestem om vir twee jaar vir die graafskap te gaan speel. Surrey hoop om vandeesweek nog ’n aankondiging daaroor te maak.

Amla se verteenwoordiger het glo ook met Middlesex en Hampshire gepraat.

Morné Morkel is ’n Kolpak-speler by Surrey, terwyl Dean Elgar die seisoen as ’n oorsese speler vir die graafskap gespeel het.

Een van die redes waarom Surrey belangstel in Amla, is omdat hy sy nasionale spelers soos Rory Burns, Ollie Pope en Sam Curran nie altyd tot sy beskikking gaan hê nie. – Sportredaksie

Meer oor:  Hashim Amla  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Aanvangskolwer  |  Protea  |  Kolpak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.